www.boesmanland.co.za   Vir die handel in alle lewende hawe.  Grootvee Kleinvee Pluimvee Voëls Troeteldiere Wild Jag Veilings. 

Tuis

Grootvee

Kleinvee

Pluimvee

Voëls

Troeteldiere

Wild en Jag

Allerlei

Veilings, Skoue en Feeste

Veeartse

Aanbevelings Navrae

Advertensie Opsies

Plaas 'n Advertense

 

Vir die Handel in alle Dierspesies in Suid-Afrika

ALLE Kort Geskrewe Advertensies GRATIS

Email jou advertensie na boesmanland1@yahoo.com

 

Plaas 'n Geregistreerde Advertensie

Email jou advertensie na, boesmanland1@yahoo.com , tesame met jou kredietkaartnommer en vervaldatum of bankinbetaalstrokie, nie later as die 25ste van die maand.

Bank Besonderhede:

Naam:                Elana Louw

Tjek Rekening:  526 100 13105

Bank en Tak:     FNB Kakamas,  230-104

Sien ''Advertensie Opsies'' vir die uiteensetting en pryse van advertensies

Advertensie Uiteensetting

(Geen advertensies word telefonies afgeneem nie)

Volg asb die volgende basiese reëls met die samestelling van u advertensie:

1.  Tik in kleinletters, kyk dat spelling korrek is.

2.  Riglyne:  Te Koop

                  Afdeling (NB nr.)

                  Hoeveelheid Diere

                  Kort Beskrywing

                  Prys, BTW ingesluit

                  Dorp / Stad / Omgewing

                  Kontak Persoon

                  Kontak Nr.

3.  Neem Kennis, indien bogenoemde riglyne nie gevolg word nie, sal u advertensie nie geplaas word nie.

 

Geklassifiseerde Advertensies (Plasingsvoorwaardes)

Adverteerders let asseblief daarop dat advertensies aanvaar word onderhewig aan die volgende woorwaardes:

1.  Alle pryse in advertensies moet BTW insluit (volgens wet).  Indien BTW uitgesluit word, sal dit outomaties aangepas word.

2.  Geen krediet sal sonder 'n kansellasienommer toegestaan word nie.

3.  Die verantwoordelikheid berus by die adverteerder om seker te maak dat sy/haar advertensies die EERSTE dag van die maand reg verskyn, en om enige foute en/of wysigings voor die 5de, van die daaropvogende maand, skriftelik (of per email) aan te meld en reg te stel.

4.  Slegs standaardafkortings word aanvaar.

5.  Boesmanland aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade of verlies voortspruitend uit enige foutiewe advertensies nie, maar sal enige foutiewe advertensies herplaas, indien Boesmanland daarvoor verantwoordelik was.

6.  Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die gehalte van goedere of dienste wat geadverteer word nie.  Boesmanland is slegs 'n middel om kopers en verkopers met mekaar in aanraking te bring en ons is nie verantwoordelik vir enige nagevolge wat spruit uit transaksies wat deur middel van advertensies plaasvind nie.

7.  Ons behou die reg om plasing te weier sonder opgaaf van redes.

8.  Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir foute wat as gevolg van onleesbare syfers of getalle op fakse gemaak word nie.

9.  Geen verantwoordelikheid word vir weglating van advertensies aanvaar nie.

10.  Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir foute in advertensies wat per telefoon ontvang word nie.

11.  Advertensies word gelkassifiseer streng volgens die eerste item wat daarin genoem word.

Daar word versoek dat plekname by telefoonnommers geplaas word, sodat hulle kan weet waarheen hulle bel wanneer hulle op 'n advertensie reageer.